Teatro La Fenice

Teatro La Fenice

Vooraansig van La Fenice in 2007

Teatro La Fenice (Italiaanse uitspraak: la feˈniːtʃe, "die Feniks") is 'n operahuis wat in Venesië, Italië geleë is. Dit is een van "die bekendste en mees vooraanstaande landmerke in die geskiedenis van Italiaanse teater",[1] en ook wat die geskiedenis van opera as geheel betref. La Fenice was veral in die 19de eeu die ligging van vele bekende operapremiéres, waar verskeie werke van die vier bel canto-era komponiste – Rossini, Bellini, Donizetti en Verdi – opgevoer was.

Die naam van die operahuis is simbolies van die feit dat die operageselskap "uit die as uit opgerys het", ten spyte van die feit dat dit die gebruik van drie opeenvolgende teaters kwyt is as gevolg van brande. Die eerste brand het in 1774 plaasgevind. Venesië se voorste operahuis is daardeur vernietig, maar is herbou. Die tweede brand het in 1836 plaasgevind; die herbouing van die operahuis was binne 'n jaar voltooi. Die derde brand was egter die resultaat van brandstigting. Dit het die operahuis in 1996 vernietig en slegs die buitemure daarvan oorgelaat. Dit was egter ook herbou en het in November 2004 weer oopgemaak. Die tradisie van die Venesiaanse Nuwejaarskonsert het ontstaan om hierdie geleentheid te vier.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ROM

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search